Isotope van dubnium

Die chemiese element dubnium (Db), met ’n atoommassa van 262,1138 u, het geen stabiele isotope nie en word dus as ’n radioaktiewe element geklassifiseer. Die 12 isotope is onstabiel en het ’n relatief kort halfleeftyd (die meeste minder as ’n sekonde).

In die natuur kom geen dubnium voor nie; alle isotope is sinteties in ’n laboratorium berei. Die eerste sintetiese isotoop was 261Db, in 1968.

Die kortslewende isotoop van dubnium is 259Db, met ’n halfleeftyd van ongeveer 0,51 sekondes. Die langslewende een is 268Db, met ’n halfleeftyd van 32 uur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search